Mail uit Canada

Als scriba kreeg ik dit mailtje van iemand uit Canada. Zo zien we weer dat onze Heer zich niet laat beperken door een virus, maar dat het Woord  nu  de hele wereld door mag gaan.  Zo maakt Hij de belofte waar dat het Woord niet ledig terug zal keren naar haar Zender, maar vrucht mag dragen hondervoudig.

Waarde Heer
Ek en my vrou woon al sedert 1992 in Kanada en tans in Thessalon aan die Noordkus van Huronmeer in Ontario.
Ons was altyd lidmate van die Hervormde Kerk in Suid-Afrika.
In ons klein dorpie hier in Ontario is ongelukkig net ‘n Rooms Katolieke en Anglikaanse Kerk. Voorts is daar die baie linkse United Church. Die dominee van die plaaslike United Church is ‘n boorling van Zimbabwe en hy sê my hy is hervormd/gereformeerd opgelei en gaan nie saam met die linkse stroom in die United Church nie. Ons het egter nog nie een van sy dienste bygewoon nie.
Ons het vandag via YouTube ingeskakel op u erediens in die Kerkje aan de Zee.
Ds. Bakker het ‘n uiters voortreflike en boeiende preek gehad. Wat ‘n pragtige orrel en die orrelis het hom goed van sy taak gekwyt. Dit was ‘n voorreg om op hierdie wyse saam met u in die kerk om Gods Woord te kon vergader.
Ons dank aan ds. Bakker vir die wyse waarop hy die Evangelie verkondig het.
Gods ryke seën julle toegebid vir die belangrike werk wat julle doen.
Dr Gijs Bos het my die skakel na die diens gestuur.
Baie groete
Diederik Müller